top of page
NAVIGEER ONSEKERHEID:
RSG GELDSAKE
Oorlog in die Ooste en Midde-Ooste, inflasie- en begrotingsyfers plaaslik en oorsee sien rentekoerse op vlakke wat lanklaas gesien is. Die Australiërs voorspel ook weer rentekoersstygings vanjaar tot op die hoogste vlak sedert die finansiële krisis in 2008. Amerikaanse syfers - oor groei - plaas darem weer ‘n effense demper op dié bespiegelinge. Maar van een ding is ons seker: dis onsekere tye waarin ons leef. Cobus Potgieter van SouthernCross Capital gesels met RSG Geldsake aanbieder, Tinus De Jager oor hoe om onsekerheid te navigeer.

Sien julle onsekerheid meer as 'n geleentheid eerder as 'n kommerpunt?
Ons sien beslis onsekerheid as 'n geleentheid. Ons benadering tot onsekerheid is tweeledig; op 'n meer filosofiese vlak lei onsekerheid dikwels tot irrasionele gedrag en irrasionele gedrag van ander skep geleenthede vir die bekwame belegger. As 'n professionele belegger is dit 'n uitgangspunt om ‘n geleenthede skep wanneer die res van die mark onseker is. In eenvoudige terme is die strategie om sekuriteite wat verkeerd geprys is, uit te buit en effektief te baat uit daardie geleentheid.
Op 'n meer praktiese vlak gee ons onself die kapasiteit om hierdie geleenthede uit te buit deur die bestuur van verskansingsfondse. Verskansingsfondse het die instrumente en die buigsaamheid om die irrasionele markte uit te buit terwyl dit ook kapitaalbeskerming kan bied in ontstuimige markte. Dit is ‘n produk waarin ons effektief glo en iets wat vir 'n belegger die buigsaamheid en ‘n instrumentstel gee wat jy nie tipies kan kry in 'n meer tradisionele belegging nie.
Tref vir ons onderskeid tussen die tradisionele belegging en 'n verskansingsfonds. Waarna kyk 'n verskansingsfonds en wat beskerm dit?
In die huidige - noem dit die wetlike - regime, is daar min onderskeid tussen 'n verskansingsfonds en 'n tradisionele effektetrust. Beide word onder Cisca gereguleer. Al verskil is dat die verskansingsfondse nou gebruik mag maak van wat ons shorting en derivative instrumente noem.
Die strategieë self is relatief uiteenlopend, maar in eenvoudige terme kry ons ekwiteitstrategieë, effektestrategieë en veelvuldige instrumentstrategieë.
"Ons sien beslis onsekerheid as 'n geleentheid. Op 'n meer praktiese vlak gee ons onself die kapasiteit om hierdie geleenthede uit te buit deur die bestuur van verskansingsfondse."
Wat verskansingsfondse relatief anders maak as dieselfde instrumente binne tradisionele instrumente is natuurlik die vermoë om kort te gaan en die vermoë om geld te maak uit instrumente wat geld verloor - nie net instrumente koop wat kan opgaan in waarde nie. Aan die ander kant is dit die vermoë om geld te leen en met geleende geld te bele. Dit is tipies hierdie wat aan die gemiddelde belegger beskikbaar is, nie noodwendig 'n eksplosiewe lening nie, maar eerder kapitaal wat gegenereer word deur kort te gaan.
Indien jy kort gaan, verkoop jy effektief 'n instrument wat jy nie noodwendig besit nie, dit genereer kapitaal en dit kan jy gebruik om 'n ander instrument te koop. Dit is waar die sogenaamde leverage vandaan kom in die verskansingsfondse wat aan die publiek beskikbaar is. Die retail hedge funds soos ons hulle noem.
Dit klink so bietjie teen die tradisionele gebruik van aandele as 'n mens kyk na wat Berkshire Hathaway se strategie is: om te belê en dan te beplan om nooit weer te verkoop as hulle 'n aandeel koop nie. Die short wat dan nou gekoop word, die kontrakte wat daarvoor gekoop word, dit gaan so half teen 'n mens se gryn, is dit nie?
Die realiteit is dat korting meeste van die tyd gebruik word as verskansings en ek hou daarvan om te vertel hoe divers verskansingsfondse is deur te deel hoe goed dit gedoen het gedurende die finansiële krisis en ook die grendeltydperk in Suid-Afrika – dit was gedeeltelik as gevolg van die vermoë om te short.
Dit beteken nie noodwendig dat as 'n persoon eksplisiet short gaan, ek dink die waarde van die mark gaan daal nie. Daar is dalk geleenthede in dat 'n persoon sien dat die banke nou 'n pakslae gekry het, en dat hy graag hierdie geleentheid wil uitbuit deur banke te koop. Omdat ek myself wil beskerm teen die markbeweging, het ek gesien daar is ander aandele op die mark wat nog nie hul pakslae gevat het nie, en hierdie kopies gaan ek short. Dan het ek nie regtig 'n besluit gemaak en gesê dat hierdie mark gaan nou herstel nie, maar ek het wel gesê hierdie aandele is relatief goedkoop tot 'n ander aandeel, en op daardie manier, maak nie saak wat gebeur nie, is ek redelik beskerm. As die mark verder daal, maak ek geld op my short al verloor ek geld op my long. As die mark styg, styg my long hopelik meer as wat my short styg en op daardie basis, kan ek op 'n relatiewe beskermde basis my hipotese bou.
Daar is min van ons luisteraars wat sal verskil as ons sê ons is in interessante tye. Watter raad sou SouthernCross Capital vir iemand wat in hierdie moeilike tye beleggings wil maak gee? Kan 'n mens self besluite of beleggings maak of is dit finansiële adviseurs en makelaars wat help met hierdie proses?
My advies is om nou te begin en om nie bang te wees nie. Die beste tyd was lank gelede en die tweede beste tyd is onmiddellik.
1.Diversifiseer: Diversifikasie is belangrik en bekombaar deur ‘n gestruktureerde portefeulje, toepaslik ontwerp vir jou omstandighede. Dit geld nie bloot vir onderliggende instrumente en geografiese gebiede waar jy blootstelling het nie, maar ook bateklasse. Daar is meer tot jou beskikking as die eenvoudige gebalanseerde fonds wat 70% aandele en 30% effekte gee.
2.Hou kop: Onthou dat jy 'n beleggingsstrategie het. Vermy dat jou emosies of die grille van jou makelaar veroorsaak dat jy een ‘n irrasionele belegger raak, wat deur die bekwame beleggers uitgebuit word.
By SouthernCross Capital glo ons in spesialisering. 'n Professionele bestuurder gaan waarskynlik vir jou in die onsekere tye meer rasioneel en op strategie hou. Waar ek wel saamstem met Warren Buffet is dat mens nie moet karring aan strategie nie, nie aanhoudend veranderinge moet maak nie. Daardie emosionele besluite veroorsaak distruksie in 'n portefeulje.3. Kry Advies: Sorg dat jy 'n spesialis beleggingsadviseur het, nie 'n polis-verkoper nie. 'n Werklike onafhanklike adviseur bied 'n wyer verskeidenheid beleggingsgeleenthede en voorsien die nodige spesialis kennis. 'n Goeie adviseur is nie een met al die antwoorde nie, dis eerder die een wat toegang het tot betrokke spesialiste.
bottom of page